Ugandese militia val DRK-basis aan
2011-11-04 11:29
Kinshasa – Ugandese troepe het ‘n oornagse aanval op ‘n militêre basis in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo geloods in ‘n poging om van hulle bevelvoerders wat aangehou word, te bevry, het beamptes van die Kongolese weermag gesê.
Kol. Eric Ruhorimbere het gesê die vegters het ongeveer 04:00 Donderdagoggend ‘n militêre basis in Mukakira aangeval. Nege van die Ugandese vegters en twee van die Kongolese vegters is tydens die aanval dood.
Ruhorimbere het gesê die Ugandese troepe was nie suksesvol in hulle pogings om die bevelvoerders te bevry nie.
Die vegters agter Donderdag se aanval was deel van twee Ugandese groepe bekend as die ADF-NALU. Hulle het in die 1980’s en 1990’s teen die Ugandese regering geveg en is glo besig om in die DRK te hergroepeer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP