Ugandese baba kry ’n nuwe gesig

2010-08-16 12:00
Tweets Share Share line Print

16/08/10

Beeld

Jeanne-Marié Versluis

Pretoria - Die nuwe neus van ’n Ugandese baba wie se gesig erg geskend is in ’n brand, is gister in ’n ure lange operasie uit een van haar ribbe se been gebou.

Vel is ook op Racheal Acen se gesig oorgeplant nadat haar ooglede onder meer afgebrand en haar bolip geskend is.

’n Nuwe gesig is ’n buitengewone verjaardaggeskenk vir dié baba wat op 30 Augustus ’n jaar oud word.

Dr. Franz Birkholtz, ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg en mediese direkteur van die RE-stigting, het die operasie in die Zuid-Afrikaans-hospitaal in Pretoria gedoen.

Me. Isabel Mischke, besturende direkteur van die RE-stigting, het gesê dié stigting is ’n art. 21-maatskappy wat deur borge gefinansier word om gespesialiseerde mediese dienste aan weerloses in Afrika te lewer.

Die stigting se mediese span het Racheal in ’n staatshospitaal in Uganda gevind.

Hulle het besluit om haar na Suid-Afrika te bring vir gesig¬rekonstruksie.

Toe Racheal en haar tweelingsuster sowat vyf maande oud was, het ’n paraffienlamp langs hulle omgeval toe hulle in hul hut in die noorde van Uganda geslaap het.

’n Brand het ontstaan en die tweelingsussie het dit nie oorleef nie.

Mischke het gesê Racheal se kombers het aan die brand geraak en haar gesig het gebrand voordat haar ma, me. Rose Alwedo, by haar kon uitkom.

“Haar ooglede het afgebrand.

“Haar neus het afgebrand.

“Daar was net die twee gaatjies (vir haar neus). Haar bolip het heeltemal opgetrek.”

Die baba se geskende voorkoms het meegebring dat die samelewing haar verwerp het, het Mischke vertel.

“Die Zuid-Afrikaans-hospitaal het Racheal se teatertyd, ’n bed in die waakeenheid en hospitaalverblyf vir ’n week geborg.

“Só iets sou sowat R120 000 gekos het.

“Die mediese span van die RE-stigting gee sy tyd en kundigheid gratis en materiale wat benodig word vir chirurgie, word geborg.”

Racheal is Donderdag opgeneem nadat sy en haar ma na Suid-Afrika gevlieg het.

Mischke het gesê vel is van onder haar regterarm en van haar bobeen geneem en op haar gesig oorgeplant.

Ooglede is vir haar gemaak.

Racheal en haar ma is op die stigting se uitnodiging vergesel deur dr. Edris Kalanzi, Uganda se enigste plastiese en rekonstruktiewe chirurg.

Hy het Birkholtz in die operasie bygestaan en dit dien as ’n opleidingsgeleentheid vir Kalanzi.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: pretoria  |  ugandese baba  |  afrika

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.