Ugandese aktivis vir gay regte in Washington vereer
2011-11-10 23:13
Washington – ‘n Aktivis vir gay regte in Uganda het die Robert
F. Kenndy menseregte-toekenning in Washington ontvang.
‘n Wetsontwerp in Uganda waarvolgens
gays tronkstraf of selfs die doodstraf kan ontvang, het wêreldwyd kritiek
uitgelok.
Dit is die eerste keer dat ‘n
kampvegter vir gay-regte dié toekenning ontvang.
“Dit gee my moed om aan te hou met my werk,”
het Mugisha gesê.
“Dit stuur ‘n boodskap uit aan alle lande wat
homoseksualiteit wil kriminaliseer.”
Mugisha (29) is die leier van ‘n ondergrondse
beweging in Uganda wat telkens op 'n ander plek moet vergader uit vrees vir hul veiligheid.
Uganda is een van meer as 70 nasies wat wette
teen homoseksualiteit ingestel het.
Mugisha blameer spesifiek 'n Amerikaanse predikant wat homofobie aangevuur het tydens ‘n 2009-konferensie in Uganda vir die “rehabilitasie”
van gays.
Volgens
hom het geweld teenoor gays sedert die konferensie toegeneem.
Volg Nuus24 op Twitter.