Uganda wil nog troepe na Somalië stuur
2010-07-17 14:13
Kampala - Uganda sê hy is gereed om 'n bykomende vredesmag van 2000 soldate na Somalië te stuur.
Dit volg ondanks dreigemente van Somaliese rebelle dat daar nog aanvalle gaan wees indien die vredesmagte nie onttrek word nie.
Meer as 70 mense is verlede Sondag in twee bomontploffings in die hoofstad, Kampala, dood terwyl hulle na die Wêreldbeker-eindstryd op televisie gekyk het. Die groep, al-Shabaab, het reeds aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter