Uganda laat honderde papegaaie vry
2011-07-29 15:26
Kampala – Ugandese beamptes wat wilde diere monitor het Donderdag honderde skaars papegaaie terug in die natuur vrygelaat ses maande nadat hulle van dieresmokkelaars gered is.
Owerhede het die 200 grys papegaaie in hulle natuurlike habitat in die Kibale Nasionale Park vrygelaat. Die papegaaie is eers vir maande in Uganda se grootste dieretuin behandel.
“Die voëls was vir so lank in aanhouding dat hulle eers nie uit hulle hokke wou kom nie. Uiteindelik het hulle begin beweeg en weggevlieg,” het Lilian Nsubuga, die woordvoerder van die Uganda-natuurlewe-owerheid (UWA), gesê.
Nsubuga het gesê die papegaai is elkeen met ‘n ring in hulle bekke gemerk en sal deur die wildkenners gemonitor word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP