Uganda herverkies president
2011-02-24 09:58
Kampala – Die Ugandese president, Yoweri Museveni, het verlede Vrydag se verkiesing met ‘n oortuigende 68.38% gewen.
Hy het sy mededinger, Kizza Besigye, en ses ander wat nie die uitslae vertrou nie, oorwin.
Internasionale waarnemers het die verkiesing as vry en regverdig beskryf, behalwe vir geïsoleerde gevalle van geweld en die swaar teenwoordigheid van die polisie en weermag.
Museveni het aan die media gesê dat hy geoordeel moet word aan wat hy gedoen kry terwyl hy president is in plaas van hoe lank hy al in die posisie is.
Hy is sedert 1986 die regeerder van Uganda.
-Kliek hier vir die volledige artikel.
-Volg Nuus24 op Twitter.