Uganda: Pres dreig betogers met tronk
2011-02-17 09:19
Kampala - Die president van Uganda sê hy sal enigiemand wat tydens ‘n belangrike verkiesing aan betogings deelneem en onrus in die land veroorsaak in die tronk toesluit.
“Daar sal nie ‘n revolusie, soos in Egipte, hier plaasvind nie,” het Yoweri Museveni, die president, tydens ‘n nuuskonferensie gesê. As hy die verkiesing wen, kan hy vir nog 25 jaar regeer.
“Hier is niemand wat bykomende grondwetlike maniere kan gebruik om mag te bekom nie. Dit is buite die kwessie,” het hy gesê.
In die weke voor die presidensiële verkiesing het Kizza Besigye, die hoof-opposisie, gesê die stemmery is foutief.
Sy party gaan ook die stemme tel en as dit nie met die amptelike uitslae ooreenstem nie, het hy gedreig om protesaksies te reël.
-Kliek hier vir die volledige artikel.
-Volg Nuus24 op Twitter.