Uganda: Museveni loop voor
2011-02-20 11:07
Kaapstad - Uganda se president, Joeweri Museveni, is die vroeë voorloper in die land se verkiesings en het reeds 71% van die 3,5 miljoen getelde stemme op hom verenig.
Volgens die verkiesingskommissie het Museveni se grootste teenstander, Kizza Besigye, sover 23% van die stemme gekry.
Die stemme wat tot dusver getel is verteenwoordig 'n kwart van die totale aantal kiesers van 14 miljoen.
Die finale uitslag word Sondag verwag.
- Vir meer inligting besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.