Uganda: Koning word 18
2010-04-19 14:17
Kaapstad – Een van Uganda se laaste oorblywende konings het 18 jaar oud geword.
Koning Oyo is onder die wêreld se jongste regerende konings. Hy het op driejarige ouderdom die troon bestyg, nadat sy pa in 1995 oorlede is.
As ‘n midnerjarige, het beamptes van die koninkryk ‘n raad van adviseurs aangestel om hom te help regeer.
Die raad is op sy verjaarsdag ontbind en Oyo kan nou besluite oor sy koninkryk op sy eie neem sonder om sy adviseurs te raadpleeg.
Die hoërskoolstudent wie se volle name Oyo Nyimba Kabamba Iguru Rukidi IV is, is in beheer van ongeveer twee miljoen mense.
- Vir die volledige storie besoek CNN