Uganda: Besigye onder huisarres geplaas
2011-10-25 16:45
Kampala – Kizza Besigye, Uganda se opposisieleier, is onder huisarres geplaas tot hy belowe om nie meer aan betogings teen die regering deel te neem nie, het die nasionale polisie Dinsdag gesê.
‘n Senior beampte van Besigye se party het die eise verwerp en gesê sy ondersteuners beplan om hom te bevry.
Vroeër vanjaar het betogings begin wat deur die opposisie gelei is, ná baie hoë inflasie en groeiende korrupsie.
Besigye, die leier van die FDC-party, Uganda se grootste opposisieparty, is ‘n prominente figuur in dié opstand.
Hy is onder huisarres geplaas in Kasangati, net buite Kampala, sedert 18 Oktober, nadat hy probeer het om by die sogenaamde “loop-na-werk”-betogings aan te sluit.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters