Uganda: Adjunkpres. verskyn gou oor korrupsie
2011-10-04 08:12
Kampala – Gilbert Bukenya, voormalige adjunkpresident van Uganda, sal Maandag in 'n hof verskyn op aanklagte van korrupsie.
“Hy word in Luzira, 'n maksimum-sekuriteit-tronk, aangehou,” het Erias Kisawuzi, ‘n woordvoerder, gesê.
“Hy sal weer in die hof verskyn wanneer die hof gereed is en dit wil voorkom of voorbereidings vir die saak byna gereed is.”
Bukenya was van 2003 tot Mei vanjaar die adjunkpresident van Uganda. Pres. Yoweri Museveni het hom egter nie deel van die nuwe kabinet gemaak ná die verkiesing nie.
Bukenya is daarna van bedrog beskuldig omdat hy glo kontrakte aan firmas gegee het om voertuie aan ‘n Statebond-samekoms in Kampala in 2007 te verskaf.
Hy het die aantygings ontken.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA