Tyd raak min vir Britse gyselaar

2011-12-07 12:19
Tweets Share Share line Print

Nouakchott – Gewapende, gemaskerde mans het gedreig om ‘n Britse gyselaar wat in Nigerië ontvoer is om die lewe te bring as daar nie aan hulle eise voldoen word nie.

Die boodskap is in ‘n video oorgedra wat deur ‘n Mauritaniese nuusagentskap sowel as die nuusagentskap AFP ontvang is.

Die beeldmateriaal is op 1 Desember na Agence Nouakchott Informations (ANI) gestuur. Die agentskap sê die ontvoerders behoort aan ‘n Nigeriese groep wat deur al-Kaïda geïnspireer is.

In die video staan drie gemaskerde mans by ‘n Britse man – AFP het besluit om nie sy identiteit bekend te maak nie.

Een van die gewapende mans het ‘n spertyd van twee weke aan die Britse regering gegee om aan die groep se eise te voldoen. Daar is nie in die video gesê wat die vereistes is nie, maar die man het gesê dat die gyselaar se familie en die Britse regering weet wat van hulle verwag word.

In die video gee die gyselaar sy naam en ouderdom en smeek hy die Britse regering om oor sy veilige vrylating met die ontvoerders te onderhandel.

Die Britse man is in Mei saam met ‘n Italiaanse man ontvoer toe 'n gewapende groep hulle woonstel in Birnin Kebbi, in die noordweste van Nigerië, bestorm het.

Daar is geen aanduiding van wanneer of waar die video gemaak is nie.

Die Britse departement van buitelandse sake wou nie kommentaar lewer nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.