Tweede plaas vir SA boere in Kongo
2011-04-06 14:06
Die behoefte om boerderye na die Kongo uit te brei is só groot dat nóg grond geïdentifiseer moet word, aldus Agri Kongo.
Andre Botha, voorsitter, sê ’n afvaardiging sal binne die volgende
twee weke na dié land vertrek om ’n tweede plaas daar te gaan
identifiseer en af te baken.
“Die vraag groei vinnig, só vinnig dat die eerste plaas klaar verdeel is”, vertel Botha.
Vir die eerste plaas is 80 000 ha grond geïdentifiseer wat onder
boere verdeel word sodat hulle in ’n groep saam kan boer. Die minister
van landbou in dié land het 13 plase volgens ’n ooreenkoms aan Suid-Afrikaanse boere oorhandig
Lees meer by Landbou.com.