Twee verdagtes in ontvoeringsaak vasgetrek
2011-12-05 21:56
Nouakchott – ‘n Polisiekommissaris sê twee mans is in
hegtenis geneem in verband met die ontvoering van drie Europeërs in Algerië.
Die drie Europeërs is in Oktober vanuit ‘n
vlugtelingskamp in Algerië ontvoer.
Die kommissaris, wat nie sy identiteit wou gee
nie, sê die twee verdagtes is in die Mauritaniese stad Nouadihibou, noord van Nouakchott, vasgetrek.
Volgens die kommissaris is die twee mans van
die westelike Sahara afkomstig.
Hulle het die grens oorgesteek na Mauritanië
nadat hulle gehelp het om die bystandwerkers, twee Spanjaarde en ‘n Italianer,
te ontvoer.
Die twee verdagtes het sowat tien dae gelede ‘n woonstel
in Nouadhibou gehuur.
Die buitelanders is klaarblyklik aan die
al-Kaïda in Noord Afrika oorhandig.
Meer as 50 buitelanders is sedert 2003 deur
die al-Kaïda in Noord Afrika ontvoer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP