Twee vas oor Franse ontvoerings
2011-12-14 22:11
Bamako – Twee mense is in Mali in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid by die ontvoering van twee Franse burgers op 24 November in die dorp Hombori, het sekuriteitsbeamptes Woensdag aan die nuusagentskap AFP gesê.
Die twee verdagtes is as die bestuurder van die hotel, waar die mans tuisgegaan het, en hul gids geïdentifiseer.
Serge Lazarevic en Philippe Verdon is deur gewapende mans ontvoer en na 'n onbekende bestemming geneem.
Die Al-Kaïda-groep in die Islamitiese Maghreb (AQIM) het verantwoordelikheid vir die ontvoering aanvaar. Dié groep het 'n dag later ook verantwoordelikheid vir die ontvoering van drie Westerlinge aanvaar.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP