SA'ners trap diep spore in Mosambiek-landbou

2010-08-08 10:00
Tweets Share Share line Print

Dr. Dries Gouws is Mosambiek se grootste piesangboer en beplan om binnekort sy piesangs na die Midde-Ooste uit te voer. Foto: Cobus Coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Maputo - ’n Boer maak ’n plan en vir twee Suid-Afrikaners wat voorheen amper niks van boerdery geweet het nie, is Mosambiek die land van gróót planne.

Dr. Dries Gouws, voorheen ’n dokter in Pretoria, is nou Mosambiek se grootste piesangboer, terwyl Kotie Petterson, ’n Pretoriase argitek, sowat ’n jaar gelede net buite Maputo ’n hoenderboerdery begin het.

Petterson wil sy boerdery van 45 000 hoenders binnekort verdubbel.

Gouws het in 1996 die eerste keer Mosambiek toe gegaan, aanvanklik om na die toerismebedryf in die noorde van die land te kyk.

“In 2000 het ek op 12 ha buite Boane (sowat 50 km suid van Maputo) my eers­te piesangs geplant. Dit was ’n totale mislukking. ’n Stormwind het dit heeltemal verwoes,” sê hy. “Ek het soos ’n dobbelaar alles verloor, maar ek het aangehou.”
Vandag produseer sy vier plase, genaamd Banalândia, Rio Verde en Blokvier in die Boane-omgewing, asook ’n plaas buite die Mosambiekse dorp Sabie, sowat twee miljoen kartondose met 18 kg piesangs elk per jaar.

’n Kwart hiervan is vir die Mosambiekse mark bestem en die res word na Suid-Afrika uitgevoer.

“Ons het ’n jaar gelede begin kyk of ons na die Midde-Ooste kan uitvoer,” sê hy.

Gouws en Petterson sê avontuur en geleenthede het hulle na Mosambiek gelok.

“Ek sal nie sommer weer teruggaan nie. Hier gaan ek my lewe maak,” sê Petterson.

Hy hoop om vandeesmaand sy vrou, Marianda, en drie seuns uit Pretoria na Mosambiek te bring.

Volgens hom is dit maklik om toegang tot Mosambiekse ministers en amptenare te kry. “Ek kan die minister bel en sê ons het dié probleem of ons het hulp nodig en dan gebeur dit,” sê hy.

Gouws glo politieke bande is noodsaaklik vir kommersiële boere in Mosambiek. Oudpres. Joaquim Chissano van Mosambiek is ’n vennoot in sy onderneming. “Hy is ’n great partner. Hy wil net die beste vir die besigheid hê.”

Gouws is in 2007 en 2008 aangewys as grootste uitvoerder in Mosambiek.

Hy het sowat 1 200 werknemers, waaronder talle Suid-Afrikaners.

Petterson het net Mosambiekers in sy diens. Hy het in ’n vennootskap gegaan met João Mandlate, wat in Suid-Afrika in sy diens was.

As ’n argitek het Petterson niks van boerdery geweet nie. “Dit kom alles net neer op goeie navorsing. Ek het al baie foute gemaak, maar ’n mens leer so,” sê hy.

Petterson wil vir sy gesin ’n huis bou buite Boane en sy kinders sal tuis skoolgaan. Gouws se kinders het in Nelspruit skoolgegaan en studeer nou in Stellenbosch.

“Ek het ’n huis in Nelspruit en dit is baie naby as ’n mens in die vliegtuig spring,” sê Gouws. Hy vlieg ook sommer self na sy plaas buite Sabie.

Volgens hom vereis Mosambiek egter hoër insetkoste as boerdery in Suid-Afrika. “Ek glo dit kan tot 50% meer wees as ’n soortgelyke boerdery in Suid-Afrika,” sê hy.

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.