Twee probeer glo geslagsdele verkoop
2010-09-14 19:49
Nairobi – Die polisie in Kenia het Maandag twee verdagtes vasgetrek nadat hul glo manlike geslagsdele buite ‘n bank in Nairobi probeer verkoop het.
Die verdagtes, ‘n assistent by ‘n lykshuis en ‘n lykswa-bestuurder, is vasgetrek nadat die polisie ‘n wenk van ‘n lid van die publiek ontvang het.
“Ons het ‘n wenk ontvang en die twee verdagtes vasgetrek net voordat hulle die manlike geslagsdele wou verkoop,” het Johana Cheboi, ‘n polisiebeampte, gesê.
Die geslagsdele was in ‘n groen, plastieksak toegedraai.
Na bewering het die verdagtes hul volle samewerking aan die polisie gebied en selfs gewys van watter lyk hul die geslagsdele afgesny het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP