Twee media-amptenare in Zimbabwe gearresteer
2011-12-05 21:56
Harare – ‘n Onafhanklike mediakontrolegroep sê die polisie het drie van hul amptenare in
hegtenis geneem ná hulle vergaderings in die weste van Zimbabwe gehou het.
Die Media Monitoring Project Zimbabwe het Maandag
in ‘n verklaring gesê dat die drie amptenare verlede maand ‘n vergadering in
Gwanda in die weste van Zimbabwe gehou het.
Die regering voer aan dat dié vergaderings nie volgens
die land se sekuriteitwetgewings goedgekeur is nie.
Volgens die kontrolegroep het die amptenare met
plaaslike lede van die media vergader.
Die doel van die vergaderings was om inligting vir regverdige verslaggewing tydens volgende jaar se verkiesing aan lede van die plaaslike media oor te dra.
Volg Nuus24 op Twitter.