Twee in Nigerië tronk toe vir dwelms
2011-07-08 21:04
Lagos – ‘n Hof in Nigerië het twee mans, een van China
en die ander van Taiwan, ‘n tronkstraf van 15 jaar vir dwelmhandel opgelê.
Wang Richard van China en Fong Chiu Sen van
Taiwan is ‘n jaar gelede by die grootste hawe in Lagos in hegtenis geneem ná
die polisie ‘n halwe ton kokaïne gevind het.
Die hof het terselfdertyd drie Nigeriërs wat na
bewering medepligtiges was in die saak, vrygespreek.
Die halwe ton kokaïne, wat van Chile af gekom
het, was omtrent R185 miljoen werd en was die tweede grootste dwelmvonds wat
nog ooit in Nigerië gemaak is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP