Twee hulpwerkers in Somalië ontvoer
2011-10-25 17:54
Mogadisjoe – ‘n
Amerikaanse hulpwerker en haar Deense kollega is in die noorde van Somalië deur
gewapende Somaliese mans ontvoer.
Die 60-jarige Deense man en die 30-jarige
Amerikaanse vrou het in die noorde van Somalië vir die Deense Demining Group gewerk, het Somaliese amptenare vanuit Nairobi gesê.
Die amptenare het op voorwaarde van anonimiteit inligting verskaf, aangesien hulle nie gemagtig is om met die media te praat nie.
Die Demining Group het nog nie op die aanval
gereageer nie.
Die twee buitelanders was in Galkayo, die
hoofstad van die Puntland-provinsie, toe die aanval plaasgevind het.
Die Demining Group help om bomme en veral landmyne
onskadelik te stel en leer gemeenskappe oor die gevare van landmyne en ander
artillerie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP