Twee Franse burgers in Mali ontvoer
2011-11-24 17:11
Bamako – Gewapende mans het by ‘n hotel in Mali
ingestorm en twee Franse burgers ontvoer.
Die ontvoering het ver van militêre basisse in
die suide van die land, wat aan Al-Kaïda gekoppel is, plaasgevind.
Dit is nié ongewoon vir Al-Kaïda-vegters om mense in Niger, Mauritanië en Algerië te ontvoer en as gyselaars in Mali aan te hou nie.
Donderdag se ontvoering in die dorp Hombori het egter owerhede verras aangesien meeste ontvoerings in Mali gewoonlik langs die grense van Niger, Mauritanië en Algerië plaasvind.
“Die probleme het nog altyd ver weg van ons af
plaasgevind,” het Maolou Daou, ‘n hoteleienaar in Hombori, gesê.
Volgens Daou is die twee Franse burgers vanuit
‘n ander hotel in die dorp ontvoer.
Die gewapende mans het by die hotel ingebars, die
bestuurder, sekuriteitswag en kok vasgebind en die buitelanders gaan soek.
Volgens Daou was die Franse burgers in Mali op
besigheid.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP