Twaalf sterf ná veerboot omslaan
2010-07-21 22:46
Kampala – Twaalf mense is glo dood nadat die veerboot Woensdag op die Victoria-meer in Uganda omgeslaan het, het die Ugandese polisie gesê.
“Ons het inligting ontvang dat ‘n boot omgeslaan het. Volgens ooggetuies was sowat 60 mense aanboord van die boot,” het Idi Ssenkumbi, ‘n polisiewoordvoerder in Kampala gesê.
“Die polisie en die marine- en kusbestuur is op die toneel. Drie mense is sover gered, maar ons is nog nie seker hoeveel gesterf het nie,” het hy gesê.
Die veerboot was onderweg na die stad Entebbe in Uganda.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP