Tunisiese premier bedank ná slegs 6 weke
2011-02-28 15:56
Tunis – Tunisië se premier Mohammed Ghannouchi (69) het Sondag bedank en is deur Beji Caid Essebsi (84), ‘n voormalige minister, vervang.
Sy bedanking kom ná die afgelope naweek se teen-regering-betogings waarin vyf mense dood is.
Sekuriteitsmagte het weer met betogers in Tunis gebots voordat Ghannouchi sy bedanking aangekondig het. Die sterftes sal ondersoek word.
Altesaam 16 sekuriteitsbeamptes is tydens die naweek se onluste beseer.
Ghannouchi, wat slegs ses weke aan bewind was, sê hy het nie van sy “verantwoordelikhede weggehardloop” nie.
“Ek is nie gereed om die persoon te wees wat besluite neem wat tot slagoffers lei nie.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP