Tunisiese kuswag sink migrante vaartuig
2011-02-15 18:01
Djerba – Agt Tunisiese migrante het Tunisië se kuswag daarvan beskuldig dat dit vyf mense gedood het en 30 vermis gelaat het toe dit in hulle boot, wat gepoog het om Italië toe te vlug, in vasgery het.
Oorlewendes het gesê die kuswag se vaartuig het hulle boot in twee verdeel toe dit Vrydag 120 passasiers vanaf Tunisië na Italië vervoer het.
Elf families wat familielede verloor het, het gesê hulle sal Dinsdag ’n wettige klag teen die bemanning van die Liberte 302 indien.
“Van die passasiers is 85 gered,” het een van die oorlewendes, Ziad Ben Abdaalah (23), gesê. Sy verklaring is deur sewe ander oorlewendes bevestig wat elk $1,400 (sowat R10,000) vir die rit betaal het.
Volgens Ben Abdaalah het hulle boot die toerisme-sone van El-Ogla, naby Zarzis, 500km vanaf die hoofstad Tunis, verlaat.
“Dit was 15:00. Ons het die Italiaanse kus genader en was nie meer as ’n uur daarvan af weg nie toe die Nasionale Wag se boot ons die bevel gegee het om ons enjins te stop,” het hy gesê.
Alhoewel hulle dit gedoen het, het die kuswag skielik op hulle afgekom, het hy verder gesê.
“Na die geval het nog ’n Tunisiesie kuswag-boot gelyk of hulle ons wou help, maar toe ek op hulle boot geklim het, het een van die kuswagte gesê ek moet terug in die water om my vriende te red,” het Ben Abdaalah gesê.
Die weermag het daarna ingegryp en die oorlewendes na die militêre basis in die Tunisiese poort van Sfax geneem waar hulle kos en komberse gegee is, het nog ’n oorlewende, Aziz Bousetta (26), gesê.
Oorlewendes se vingerafdrukke en foto’s is geneem, en hulle is deur die kuswag ondervra.
Kuswag amptenare in Zarzis het bevestig dat die sink van ’n boot plaasgevind het, maar het dit op die swak toestand van die vaartuig blameer en verdere kommentaar geweier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP