Tunisië eis regverdige verhoor vir Libiese premier
2012-01-03 17:02
Tunis – Moncef Marzouki, die president van Tunisië, het Maandag geëis dat Libië se voormalige premier, Baghdadi al-Mahmudi, ‘n regverdige verhoor gegun moet word en dat hy nie fisiek leed aangedoen mag word nie.
Dit is deel van die voorwaardes van sy oorhandiging aan die Libiese regering.
“Ons sal die waarborg van ‘n regverdige verhoor eis en dat hy nie fisieke leed aangedoen word nie," het Mahmudi tydens ‘n mediakonferensie saam met Mustafa Abdel Jalil, die Libiese leier, gesê nadat Tunisië gevra is wanneer hulle hom gaan oorhandig.
“Ons het ons waardes waarvoor ons staan. So ons vra vir julle geduld,” het hy gesê.
Mahmudi word tans in Mornaguia, naby Tunis, aangehou.
Amnestie Internasionaal het Tunisië aangemoedig om hom nie te oorhandig nie omdat die groep reken dat sy menseregte erg geskend sal word in Libië.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP