Tunisië: Traangas op betogers gevuur
2011-01-24 12:38
Tunis – Polisie het traangas gevuur op betogers wat in die hoofstad buite die Tunisiese premier se kantoor klippe gegooi het .
Die Tunisiese werkersunie, UGTT, weier om die nuwe regering, wat talle ou gesigte uit Zine al-Abidine Ben Ali se regering bevat, te erken.
Die premier, Mohamed Ghannouchi, weier om te bedank indien daar nie ‘n verkiesing gehou word nie.
Betogers buite Ghannouchi se kantoor het op die bedanking van die nuwe regering aangedring.
“Ons sal hier bly tot die regering bedank en weghardloop soos Ben Ali,” het Othmene, ‘n student, gesê.
Skole was veronderstel om Maandag te heropen, maar talle is steeds gesluit as gevolg van ‘n onderwysstaking in protes teen die tussentydse regering.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP