Tuistes 'wys Gaddafi’s het Libië besit'

2011-09-01 08:09
Tweets Share Share line Print

Tripoli – Eetgerei van goud en sjampanjeglase van kristal, Versace- en Armani-aandpakke en rye splinternuwe ontwerperskoene is al wat agtergelaat is by die luukse strandwoning van Muammar Gaddafi se kinders.

Die deftige villas wys die Gaddafi’s het nie bloot Libië geregeer nie – hulle het dit besit.

Buite die pronkwonings staan ’n mengelmoes van voertuie van ’n saamgeflanste mag van burgerlikes wat die Gaddafi-bewind omvergewerp het.

Van dié vegters slaap nou in die woning se slaapkamers met hul Pierre Cardin-matte en Burberry-banke.

Vir byna al die rebelle is dit die eerste Eid ul-Fitr, wat die einde van die heilige maand Ramadaan aandui, wat hulle vier sonder Gaddafi aan die stuur.

Die beveiligde woonbuurt waarin die huis staan, bekend as Regatta, is een van twee mini-stede wat langs die sanderige strande wes van Tripoli gebou is.

Hulle het supermarkte en duiksentrums, restaurante en klinieke. Sommige het hul eie gimnasiums.

Regatta is een van Gaddafi se talle wonings. Slegs nabye vriende, familielede en politieke bondgenote het hierdie wêreld betree.

Buite die gemeenskap se mure bly gewone Libiërs in krotbuurte en hulle verdien maar beskeie salarisse waarmee hulle net-net oorleef.

“Kyk! Waarheen dink jy het die rykdom van Libië gegaan? Die Gaddafi-gesin het Libië besit,” het een van die rebelle, Nadjib Kabet, gesê. “Hulle het die rykdom van Libië geniet; ons nie. Die mense van Libië het niks hieruit gekry nie.”

By die tuiste van Saadi Gaddafi was aandpakke, dasse en skoene van byna elke beroemde ontwerper in die wêreld oor die vloere gestrooi. Tasse wat rondlê wys die inwoners was haastig om weg te kom.

Die meeste van die rebelle wat tans by dié huis is en wat van die berge in die weste van die land kom, was min beïndruk deur die weelde.

“Dit (die leefstyl) beteken niks vir ons nie,” het Ibrahim Madani (26) gesê. “Laat hulle (die Gaddafi’s) weet hul miljoene is nutteloos. Mense het met hul bloed vir vryheid betaal.

“Laat die nuwe generasie ’n beter opvoeding, ’n beter land en lewe geniet.”

Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  libië  |  tripoli  |  rebelle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.