Tsvangirai waarsku oor ‘donker dae’
2011-03-18 17:00
Harare - Morgan Tsvangirai, eerste minister van Zimbabwe, het Vrydag gewaarsku dat Zimbabwe weer “donker dae” kan beleef as streeksleiers nie help om die eenheidsregering met president Robert Mugabe te red nie.
Tsvangirai het die leiers van Botswana, Mosambiek, Zwaziland en Zambië besoek oor die groeiende politieke spanning nadat hy verlede week gesê het hy wil van Mugabe “skei” en raad kry vir toekomstige verkiesing.
“Tensy hierdie spanning gestop word, kan ons vinnig terug beweeg na die donker dae van 2008. Dit is ‘n ontwikkeling wat geen Zimbabwiër verwelkom,” het hy gesê.
Die sekuriteitsafdeling van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) beplan om op 31 Maart ‘n vergadering te hou en Zimbabwe is hoog op die agenda.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA