Tsvangirai soek Zuma se hulp
2011-03-10 23:00
Harare - Die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) in Zimbabwe het Donderdag gevra dat die eenheidsregering ontbind word en wil hê dat Suid-Afrika se president Jacob Zuma hulp verleen met die verkiesing.
Die leier van die MDC en eerste minister Morgan Tsvangirai sê sy werksverhouding met president Robert Mugabe het heeltemal verbrokkel.
Dít volg ná die minister van energie, Elton Mangoma, vroeër in hegtenis geneem is.
“Ek is pas ingelig dat die minister van energie gearresteer is,” het Tsvangirai gesê. “Ek, as eerste minister, het nie eers hiervan geweet nie.”
Die land se hooggeregshof het ook die verkiesing in 2008 van die land se speaker van die parlement nietig verklaar wat verdere spanning veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.