Tsvangirai breek bande met Mugabe

2009-10-16 15:23
Tweets Share Share line Print

Harare - Morgan Tsvangirai het aangekondig hy gaan samewerking met pres. Robert Mugabe se “oneerlike en onbetroubare” Zanu-PF party staak.

Hy sal egter nog saam met die koalisieregering saamwerk.

“Dit is ons reg om ons los te maak van ‘n oneerlike en onbetroubare vennoot,” het hy aan die media gesê.

Die terugtrekking van ministeriële kandidaat Roy Bennett se borgtog het opnuut die wankelrige ooreenkoms met Robert Mugabe onder die soeklig gebring.

“Alhoewel ons deel van die regering sal bly, maak ons ons los van die Zanu-PF en spesifiek van die kabinet en raadsvergadering.

“Tot en met vertroue en respek tussen ons herstel word.”

Volgens Tsvangirai het Bennett se arrestasie en aanhouding die “klug van die geloofwaardigheid en integriteit” van die Robert Mugabe se magsdeling uitgewys.

Roy Bennett was Tsvangirai se keuse as adjunk-minister vir landbou.

“Dit is nou vir ons duidelik dat ons ‘n onbetroubare vennoot in die oorgangsregering het,” het Tsvangirai gesê.

Tsvangirai het ‘n kabinetsvergadering gekanselleer nà ‘n landdroshof Bennett se borgtog teruggetrek het.

Bennett sal ook volgende week voor die hof te staan kom op aanklagte van terrorisme.

Sy vervolging het wêreldwyd kritiek uitgelok.

Die vurige koffieboer, wie se plaas onteien is onder Mugabe, is oorspronklik in Februarie, ‘n uur voor die inswering van die nuwe regering, in hegtenis geneem.

Sy saak het simbolies geword van onopgelosde uitdagings te midde bewerings van sterk optrede teen Tsvangirai-ondersteuners en geskille in die aanstellings van top amptenare.

- Sapa
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Research and Information capturer - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.