Tsvangirai beboet oor troudatum
2011-12-12 09:35
Harare – ‘n Plaaslike stamhoof het Morgan Tsvangiari, die Zimbabwiese premier, ‘n boete van twee koeie en twee skape opgelê omdat hy ‘n kulturele wet verbreek en in November, die heilige maand, getrou het, het plaaslike media berig.
Tsvangirai het op 21 November tydens ‘n tradisionele seremonie met Locadia Tembo, ‘n sakevrou, getrou. Twaalf dae later het hy aangekondig dat hy van haar gaan skei.
Die stamhoof, Negomo van Chiweshe in Mashonaland-Sentraal, het Tsvangirai met twee koeie, twee skape en 10 m wit materiaal beboet omdat hy lobola in November, die sogenaamde heilige maand, betaal het.
Sy vrou het ‘n boete van twee koeie, twee skape en ‘n bok gekry omdat sy die lobola aanvaar het.
Tsvangirai het dit duidelik gemaak dat hy nie die jurisdiksie van die tradisionele stamhoof erken nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP