Tripoli onder Navo-aanval
2011-04-25 11:02
Tripoli - Die kragtigste ontploffings in weke wat die Libiese hoofstad Tripoli tref, het Sondagaand en vroeg Maandagoggend voorgekom toe 'n lugaanval op Muammar Gadaffi se kantore uitgevoer is, berig RSG.
Die aanvalle het gevolg op 'n dag van geweld in die beleërde stad, Misrata.
Joernaliste berig dat die aanvalle in Tripoli in verskeie distrikte voorgekom het wat sedert Vrydag die teiken is van intensiewe aanvalle deur Navo.
Minstens 45 mense is beseer van wie 15 in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is.
'n Libiese amptenaar sê dit was 'n duidelike poging op Gadaffi se lewe.
Navo-oorlogsvliegtuie teiken sedert Vrydag die Bab Al-Aziziya distrik waar die presidensiële vesting is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG