Tripoli binnekort ontwapen
2011-12-07 14:26
Tripoli – Die Libiese regering het Dinsdag gesê dat Tripoli teen die einde van Desember ontwapen sal wees, het die stad se raadshoof gesê ná ‘n vergadering met Abdel Rahim al-Kib, die premier.
“Die regering het belowe om Tripoli teen 31 Desember te ontwapen,” het Abdul Razzak Buhajar gesê.
“Hulle het die stadsraad van Tripoli verseker dat die hele stad ontwapen sal word.”
Vroeër die week het talle betogers hoofpaaie in Tripoli versper en geëis dat vegters van ander dele van die land uit die stad onttrek.
Dié vegters het in Augustus die stad oorgeneem en kol. Muammar Gaddafi se magte uitgedryf.
Op 5 Oktober het die nuwe leiers van die land beveel dat alle swaar wapens uit Tripoli verwyder moet word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP