Tripoli: amptelike TV-kanaal hou op uitsaai
2011-08-22 21:11
Tripoli – Libië se amptelike televisiekanaal,
Al-Jamahiriya, het van die lug afgegaan en is vermoedelik deur rebelle-groepe
oorgeneem.
Al Jamahiriya het omtrent 15:00 (GMT) ophou
uitsaai.
Sonder enige klank of beeld vertoon slegs Al
Jamahiriya se kenteken op televisieskerms.
Volgens ‘n webwerf van die Libiese opposisie
het rebelle die hoofkwartiere van die televisiekanaal oorgeneem.
Dit kon egter nie bevestig word nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP