Tripoli: Brand in joernaliste se hotel
2011-06-09 12:52
Tripoli - ‘n Brand het vroeg Donderdagoggend uitgebreek by ‘n hotel waar buitelandse joernaliste in Tripoli gewoon het, het ‘n Reuters-ooggetuie gesê.
Sowat 100 mense, meestal joernaliste, is net voor 06:00 na die parkeerarea ontruim nadat die brand ontdek is.
Niemand het glo beserings opgedoen nie en die brand is binne ‘n uur geblus.
Moussa Ibrahim, die regeringswoordvoerder, het gesê die brand is nie deur enige militêre aksie veroorsaak nie, insluitend die van Navo.
“Daar sal ‘n ondersoek gedoen moet word. Volgens die hotel-personeel was dit ‘n elektriese brand in die elektrisiteitkamer van die hotel,” het Ibrahim gesê.
“Gelukkig kon almal ontruim word en is almal veilig.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters