Toestande van Kameroen-verkiesing 'aanvaarbaar'
2011-10-12 09:37
Parys – Alain Juppe, Franse minister van buitelandse sake, het Dinsdag gevra vir kalmte in Kameroen en terselfdertyd aangekondig dat die land se presidensiële verkiesing onder aanvaarbare omstandighede plaasgevind het, berig Sapa-AFP.
"Volgens die internasionale organisasie van Francophonie en die statebond, wat die verloop van die verkiesing gevolg het, kan ons aanvaar dat die verkiesing aanvaarbaar was", het Juppe aan wetgewers gesê.
"Ons vra daarom die publiek, media en politici om redelik te wees en nie na geweld oor te gaan nie – ons wag op die amptelike uitslae van die verkiesing ", het Juppe gesê.
Die presidensiële verkiesing is deur opposisie as 'n "gemors" bestempel.
Sondag se verkiesing is as kiesersapatie bestempel, maar is ook gekenmerk deur die moord op twee polisiemanne en 'n beampte van die opposisie.
- Volg Nuus24 op
Twitter.