Toeriste gee pad uit Kenia ná ontvoering

2011-10-05 08:08
Tweets Share Share line Print

Manda-eiland (Kenia) – Die Keniaanse polisie het Dinsdag veiligheid verskerp terwyl pogings voortduur om die vrylating van ’n ontvoerde gestremde Franse vrou, wat gereeld medikasie moet neem, te bewerkstellig.

’n Bende van tien gewapende mans het Marie Dedieu (66) op dié eiland in die Lamu-argipel ontvoer en seelangs gevlug.

Die ontvoering is die tweede in die gebied in minder as ’n maand en is ’n verdere slag vir toerisme in Kenia.

Keniaanse beamptes het gesê hulle het bemiddelaars na Somalië gestuur om met die ontvoerders kontak te maak.

’n Man van Manda-eiland, wat die polisie as ’n werknemer van Dedieu identifiseer, word vir ondervraging aangehou.

“Die man wat ons aanhou, het by die vrou se huis gewerk en staan ons by in die ondersoek,” het ’n polisiebron op voorwaarde van anonimiteit gesê.

’n Somaliese inwoner van die dorp Ras Kamboni, waarheen die ontvoerders Dedieu aanvanklik geneem het, het bevestig daar is ongeveer tien ontvoerders.

Dedieu is laat Saterdag of Sondag per motor na die Kismayo-gebied vervoer, het die bron gesê. Sy word egter nie in die dorp – wat onder die Islamistegroep Al-Shabaab se beheer is – aangehou nie, maar buite die dorp.

Adbul Alim, ’n nabye vriend van Dedieu, het gesê sy ly aan kanker en moet elke vier uur medikasie neem.

Die jongste ontvoering het onmiddellik ’n uittog van bekommerde toeriste veroorsaak. Die minister van toerisme, Najib Balala, het egter vir kalmte gepleit.

“’n Emosionele reaksie gaan nie help om die kwessie op te los nie,” het hy Maandag aan verslaggewers gesê. “Die oomblik wat jy jou deure toemaak, veroorsaak jy paniek.”

’n Gewapende bende het ’n Britse toeris, Judith Tebbutt, op 11 September noord van Lamu ontvoer. Haar man is in die voorval doodgemaak.

Seerowers hou haar nou blykbaar in sentraal-Somalië aan.

– Volg Nuus24 op Twitter.

– Sapa-AFP

- Die Burger

Lees meer oor: somalië  |  kenia  |  ontvoerings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.