Toeris by lodge naby Serengeti vermoor
2012-06-23 07:31
Arusha, Tanzanië – Rowers wat ‘n lodge naby die Serengeti Nasionale Park aangeval het, het die lodge-bestuurder en ‘n Nederlandse toeris vermoor, het die nasionale park-owerheid Vrydag gesê.
Die aanval het Woensdag plaasgevind. Amptenare van die park wou nie oor die omstandighede uitbrei nie, maar Tanzaniese televisie berig dat die rowers verskeie toeriste ebroof het.
“Die toeris is van Nederland. Hy is (Woensdag) in ‘n tentkamp vermoor wat buite die Serengeti Nasionale Park is,” het Pascal Shelutete, ‘n woordvoerder vir die Tanzanië nasionale park-owerheid, aan AFP gesê.
Hy en die assistent-bestuurder van die lodge, wat ‘n Tanzaniër is, is vermoor,” het hy bygevoeg.
Toerisme is ‘n groot bron van buitelandse inkomste vir die Oos-Afrika land.
Die ministers van nasionale hulpbronne en binnelandse sake het die lodge besoek en het hul medelye aan die toeris se weduwee betuig, het die staatstelevisie berig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP