Tienermeisie dood in skietgeveg in Nigerië
2012-01-04 12:45
Kano – ‘n Tienermeisie is dood en ‘n polisiebeampte beseer nadat gewapende mans ‘n polisiestasie in die noorde van die Jigawa-staat in Nigerië aangeval het.
Dit is die eerste voorval van sy soort sedert die president ‘n noodtoestand in vier state aangekondig het.
“Die mans het lukraak binne in die polisiestasie geskiet en was in ‘n skietgeveg met vier polisiebeamptes betrokke. ‘n Tienermeisie, wat probeer vlug het, is dood en ‘n polisiebeampte is beseer,” het Hashimu Argungu, die Jigawa-polisiekommissaris gesê.
“Hulle het ‘n bom in die polisiestasie ingegooi, maar dit het nie ontplof nie. Dit het die polisiestasie gered maar, die stasie se mure was vol skietgate na die aanval.”
Argungu het gesê ‘n ondersoek is geloods, maar hy kon nog nie sê wie verantwoordelik vir die aanval is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP