Tien sterf in Marokko
2010-03-10 15:08
Rabat – Altesaam tien mense is in stormagtige weerstoestande dood nadat dit vloede en grondverskuiwings in Marokko veroorsaak het, het plaaslike beamptes gesê.
Sewe mense het Dinsdag verdrink, nadat ‘n rivier sowat 250 km vanaf Rabat oorspoel het.
Sterk winde en swaar neerslae het Dinsdag drie ander mense se lewens geëis.
Die swaar reënneerslae in Marokko het die laaste paar weke geboue verwoes en brûe laat wegspoel. Dit het ook verskeie kragonderbrekings laat ontstaan.
Honderde mense is in die proses dakloos gelaat.
Verlede maand het tien ander mense ook in stormagtige weerstoestande gesterf.
- Sapa