Tien dood, talle vasgekeer in Abuja-ontploffing
2011-08-26 14:09
Abuja – Ten minste tien mense is Vrydag in die bomontploffing by die Verenigde Nasies se kantoor in Abuja in Nigerië dood, het ‘n mediese werker aan Reuters bevestig.
“Ons het reeds tien lyke verwyder en daar kan nog meer wees,” het die beampte gesê.
Volgens ooggetuies het 'n man met 'n voertuig in die gebou vasgery toe die ontploffing plaasgevind het.
'n VN-werker sê daar is steeds talle mense in die VN-gebou vasgekeer, het AFP berig.
"Daar is steeds baie mense op die boonste verdieping vasgekeer. Ons gaan 'n hyskraan nodig hê om hulle te verwyder," het die werker gesê. Sy wou nie haar naam bekend maak nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters