Tien dood in ontploffing by wapendepot
2011-12-06 20:55
Tripoli – Minstens tien mense is dood toe ‘n
stoorkamer waar ammunisie gestoor is in sentraal-Libië ontplof het, het militêre
owerhede gesê.
Al-Senussi al-Tayeb, hoof van die militêre
raad in Wadden, sê iemand in die stoorkamer het 'n sigaret aangesteek.
Sewe van die slagoffers was Afrikane.
Die Verenigde Nasies het Libië al herhaaldelik
gewaarsku dat van hul wapendepots nie veilig is nie en dat wapens uit die land
uit gesmokkel word.
Volg Nuus24 op Twitter.