Terreurgroepe kan missiele misbruik

2011-10-19 08:17
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Honderde en selfs duisende grond-tot-lug-missiele wat weens die burgeroorlog in Libië uit die land se arsenale vermis geraak het, kan deur terreurgroepe gebruik word om veral passasierstralers mee af te skiet.

“Dit is ’n reuse-probleem vir die kommersiële lugvaartbedryf met vliegtuie wat veral in Noord- en Oos-Afrika gebruik word,” het Guy Lamb van die Instituut vir Sekerheidstudie se wapenbeheerprogram Dinsdag gesê.

Amerika het die afgelope week bekend gemaak dat hy ’n span private militêre wapenkenners na Libië gaan stuur in ’n poging om vas te stel hoeveel van die missiele nog in die land is.

Kol. Muammar Gaddafi, voormalige staatshoof van Libië, was een van die wêreld se grootste aanskaffers van dié soort missiele in die 1970’s en ’80’s.

Volgens geraamde statistieke het hy minstens 20 000 daarvan gekoop. Al hou die wapens nie veel bedreiging vir militêre vliegtuie in nie, is dit veral met die opstyging en landing van kommersiële stralers ’n probleem.

Só het Al-Kaïda-terroriste in 2002 probeer om met soortgelyke missiele ’n Israelse passasierstraler af te skiet toe dit in Mombasa, Kenia, opgestyg het.

Volgens Lamb is die groot probleem dat niemand weet presies hoeveel van die missiele en ander wapens in omloop was toe Gaddafi se arsenale deur die rebelle gestroop is nie.

Aanduidings bestaan ook dat van die missiele hul weg oor die Libiese landsgrense heen gevind het. Van die wapens is reeds onderweg na Egipte onderskep.

Die Israelse webblad DEBKAfile berig dat nie net missiele nie, maar ook seemyne en teenlugmissiele onlangs uit Libië gesmokkel is – vermoedelik na die Palestynse bevrydingsgroepe in Gasa, asook na Niger.

Volgens Lamb is daar in die geval van die missiele drie komponente nodig om dit te kan gebruik: die lanseerbuis, die battery en die missiel self.

Binne Westerse sekerheidsregulasies sal die drie komponente afsonderlik geberg word, maar niemand is seker hoe goed of sleg die Libiese weermag se regulasies toegepas is nie.

“Afrika-lande se sekerheidsregulasies vir die berging van wapens en ammunisie is in baie gevalle maar verdag – veral wat betref die bewaking van dié soort missiele.

“Hoewel Amerika en Brittanje die bedreiging waarskynlik die meeste ter harte neem, moet ’n mens aanvaar dat dit ’n bedreiging vir die hele vasteland se lugvaartveiligheid inhou,” het Lamb gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  libië  |  wapens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.