Talle beseer ná ontploffing by kerk in Nigerië
2011-12-25 11:30
Lagos – Talle mense is beseer nadat 'n ontploffing 'n kerk op Kersoggend naby die Nigeriese stad Abuja geruk het, het 'n beampte gesê.
Dit is nie bekend hoeveel mense beseer is nie, maar volgens berigte was daar mense in die kerk.
"Ontploffing in die St. Theresa-kerk naby Abuja," het Yushau Shuaib, woordvoerder van die nasionale nooddiens bestuuragentskap, oor die ontploffing in die Madalla-gebied gesê.
"Daar is beserings, maar ek kan nie nou 'n getal verskaf nie."
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP