Swaziland moet salarisse kleiner maak
2011-05-25 12:58
Mbabane - Swaziland se staatsamptenare gaan moontlik nie in Junie betaal word nie, berig RSG.
Die regering van Swaziland staan volgens berigte op die rand van finansiële ineenstorting.
Die Internasionale Monetêre Fonds het die regering aangeraai om sy groot salarisrekening met minstens R240 miljoen te besnoei.
Dié rekening beloop jaarliks meer as R4 miljard.
Majozi Sithole, die land se minister van finansies, het gesê die wêreldwye ekonomiese krisis het handel beïnvloed en die land het gevolglik 'n derde van sy inkomste verloor.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG