Swazi-werkers betoog oor salarisse
2011-06-01 08:45
Manzini - Die Swaziland Workers and Civic Society gaan Woensdag in die Swazilandse handelskern, Manzini, betoog.
Dit volg nadat die Swazilandse regering aangekondig het dat staatsamptenare weens die finansiële probleme waarmee hulle werkgewer te kampe het, dalk nie hul salarisse sal ontvang nie.
Die Swazilandse Nasionale Onderwysvereniging het gesê dat die land se finansiële krisis veroorsaak word deur, wat hy genoem het, 'n korrupte regeringsowerheid.
Daar word verwag dat die betogers na die Minister van Finansies se kantoor en die Amerikaanse ambassade sal opruk.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG