Suid-Soedan skort gesprekke met die noorde op
2011-03-14 15:23
Juba - Suid-Soedanese beamptes het gesê gesprekke en diplomatiese kontak met Noord-Soedan gaan opgeskort word omdat die noordelike regering glo militêre magte in die suide finansieel ondersteun.
Dit kan sake in Suid-Soedan, wat in Julie die wêreld se jongste land gaan word, verder onstabiel maak.
Hierdie verklaring is gemaak nadat daar die afgelope paar maande honderde mense dood is na botsings.
Pagan Amum, die sekretaris-generaal van die Sudan People’s Liberation Movement, het Sondag gesê dat die noordelike regering wapens aan plaaslike stamme verskaf en as derde partye gebruik om namens hulle te veg.
Dié manier van oorlog maak word in beide Suid-Soedan en die westelike gedeelte van Darfoer gebruik.
“Die land is in ‘n krisis. De noordelike regerende party beplan al lank daaraan om Suid-Soedan onstabiel te maak,” het Amum gesê. Hy het ook gesê dat hy bewyse vir sy aantygings het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA