Suid-Soedan se stembus nou langer ure oop
2011-01-11 15:35
Djoeba – Stembusse in Suid-Soedan sal langer oopbly om burger langer tyd te gee om deel te neem aan die area se referendum.
Groot getalle mense stem daagliks om Soedan die wêreld se jongste nasie te maak.
“Die stembus sal vir die oorblywende vyf dae tot 6:00 (1500 GT) oop wees,” het Chan Reec van die verkiesingskommissie gesê.
Talle stemlokale het gesukkel om by te bly tussen 8:00 en 5:00 gedurende die eerste twee stemdae.
“Die enigste klagtes was van mense wat teleurgesteld was deur die stemlokale se vroeë sluitingstyd,” het goewerneur Chol Tong Mayay gesê.
“Talle mense moes 3 of 4 kilometer per voet reis om hul naaste stemlokaal te bereik,” het Mayay as rede vir die tydsverlenging gemeld.
- SAPA
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP