Suid-Soedan kry onafhanklikheid
2011-06-20 11:38
Soedan - Oudpres. Thabo Mbeki, die Afrika-unie se spesiale gesant vir Soedan, sê 'n ooreenkoms is in Soedan onderteken in die laaste ronde onderhandelings om die betrekkinge tussen die noorde en die suide te bepaal.
Mbeki het in 'n eksklusiewe onderhoud met die SABC gepraat.
Suid-Soedan sal op die negende van aanstaande maand sy onafhanklikheid verkry, ná 'n referendum om van die noorde weg te breek.
Die probleemkwessies is Abyei en die voortgesette konflik in die noordelike staat Kordorfan.
Mbeki sê die Afrika-unie het aandag gegee aan die knelpunte wat hy as dringend bestempel het.
- RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.