Suid-Soedan is onafhanklik
2011-02-07 13:42
Khartoem - Omar al-Bashir, Soedan se president, het gesê Khartoem het die uitslag van die referendum oor Suid-Soedan se onafhanklikheid aanvaar.
Dit was ure voor die uitslag bekend was duidelik dat die meerderheid mense vir onafhanklikheid gestem het.
“Ons sal vandag, voor die res van die wêreld, bekend maak dat ons die uitslae aanvaar en dat ons die keuse van die suidelike Soedannese respekteer,” het Al-Bashir in ‘n toespraak voor vroue en student by die hoofkwartiere van die regerende National Congress Party, gesê.
“Die uitslag van die referendum is aan almal bekend. Suid-Soedan het onafhanklikheid gekies, maar ons is nog steeds verbonde aan die skakels tussen die noorde en die suide en aan ‘n goeie verhouding wat op samewerking gebaseer is.”
-Volg Nuus24 op Twitter.
-SAPA